Ryk Tulbagh

Ryk Tulbagh

Male 1699 - 1771  (72 years)    Has 2 ancestors but no descendants in this family tree.

Personal Information    |    Notes    |    Event Map    |    All    |    PDF

  • Name Ryk Tulbagh 
    Relationshipwith Adam
    Born 14 May 1699  Utrecht, Ut, NL Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Died 11 Aug 1771  Kaapstad, SA Find all individuals with events at this location 
    Person ID I1383010  Geneagraphie
    Links To This person is also Ryk Tulbagh at Wikipedia 
    Last Modified 26 Sep 2011 

    Father Dirk Tulbagh,   d. Yes, date unknown 
    Mother Catharina Cattepoel,   d. Yes, date unknown 
    Family ID F990730  Group Sheet  |  Family Chart

    Family Elisabeth Swellengrebel,   d. Yes, date unknown 
    Married 26 Aug 1725 
    Last Modified 30 Aug 2011 
    Family ID F990729  Group Sheet  |  Family Chart

  • Event Map Click to display
    Link to Google MapsBorn - 14 May 1699 - Utrecht, Ut, NL Link to Google Earth
    Link to Google MapsDied - 11 Aug 1771 - Kaapstad, SA Link to Google Earth
     = Link to Google Earth 
    Pin Legend  : Address       : Location       : City/Town       : County/Shire       : State/Province       : Country       : Not Set

  • Notes 
    • oudste seun
      Dirk Tulbagh was in diens van die State-Generaal in Utrect maar is in 1704 na Bergen op Zoom verplaas. Ryk Tulbagh het sy opleiding daar ontvang en op sestienjarige ouderdom in Dordrecht voltooi. Terwyl hy steeds slegs sestien jaar oud was is hy in 1715 deur die VOC in diens geneem en op die skip Terhorst na die Kaapkolonie gestuur vir 'n vyf jaar kontrak waarvolgens hy aangewend kon word waarvoor ook al die kompanjie hom sou benodig. Goewerneur De Chavonnes het die jong man se vermoë raakgesien en hom bevorder tot assistentklerk van die Sekretaris van die Politieke Raad waarmee hy sy loopbaan as administratiewe amptenaar begin het. Tulbagh het snelle opgang gemaak en sy swaer Hendrik Swellengrebel as hoofklerk van die Politieke Raad opgevolg. In April 1739 het hy Sekunde en Senior Handelaar geword en in het hy Hendrik Swellengrebel in 1751 as Goewerneur opgevolg, 'n pos wat hy vir 20 jaar tot met sy afsterwe in 1771 sou beklee.

      Tulbagh word onder andere onthou vir sy aanpassing van die sogenaamde weeldewette uit Batavia wat daarop gemik was om oordadigheid (Prag en Praal) onder die amptenary te beperk. Sy wet van 1755 het bepaal dat slegs die goewerneur sy koets met 'n wapenskild mag versier en dat slegs hy en lede van de Politieke Raad hulle koetsiers in livrei mag geklee het. Laer amptenare en hulle vrouens is verbied om sambrele te dra. Vroue mag ook nie mantels gedra het wat met sy of fluweel geborduurd was nie. Die toenmalige mode van japonne met 'n sleep is verbied en alle oorbodige vertoon by begrafnisse moes vermy word.

      Tulbagh was ook verantwoordelik vir die kodifisering van die slawewette van die kolonie in die sogenaamde Tulbagh Kode wat in 1754 gepubliseer is. Die Tulbagh Kode was 'n stel reëls oor die beheer van slawe in die Kaap.

      Ryk Tulbagh het met die bekende botanikus Carolus Linnaeus gekorrespondeer en in 1763 meer as 200 plantmonsters, verskeie goed bewaarde voëls, 'n versameling bolle en 50 sade gestuur.

      Tulbagh het heelwat gedoen om die gevolge van die pokke-epidemieë van 1755 en 1767 te temper. Uit waardering vir sy welwillendheid het hy onder die Kaapse bevolking die erenaam Vader Tulbagh gekry.

      Tulbagh was 'n gewilde goewerneur en het die eretitel "Vader Tulbagh" verwerf.

      Die Wes-Kaapse dorp Tulbagh en die plant genus Tulbaghia, wilde knoffel, is na Ryk Tulbagh vernoem.


Home Page |  What's New |  Most Wanted |  Surnames |  Photos |  Histories |  Documents |  Cemeteries |  Places |  Dates |  Reports |  Sources