Ignace Mare

Ignace Mare

Male Abt 1684 - Yes, date unknown    Has 2 ancestors and more than 100 descendants in this family tree.

Personal Information    |    Notes    |    All

  • Name Ignace Mare 
    Relationshipwith Francis Fox
    Born Abt 1684  Calabria, Fr Find all individuals with events at this location 
    Christened Abt 1686  Ardennes, Montherme, Fr Find all individuals with events at this location 
    Gender Male 
    Died Yes, date unknown 
    Person ID I1379677  Geneagraphie
    Last Modified 16 Aug 2011 

    Father Paul Mare,   b. Fr Find all individuals with events at this location,   d. Yes, date unknown 
    Mother NN,   d. Yes, date unknown 
    Siblings 1 sibling 
    Family ID F985567  Group Sheet  |  Family Chart

    Family 1 NN,   d. Yes, date unknown 
    Children 
     1. NN Mare,   d. Yes, date unknown
     2. Catharina Mare,   b. 1692,   d. Yes, date unknown
     3. Ignace Mare,   d. Yes, date unknown
    Last Modified 16 Aug 2011 
    Family ID F989727  Group Sheet  |  Family Chart

    Family 2 Susanna van Vuuren,   b. 1691, Calais, Nord-Pas-de Calais, Picardie, France Find all individuals with events at this location,   d. Kaap Find all individuals with events at this location 
    Married 7 Feb 1706  Drakenstein Find all individuals with events at this location 
    Children 
     1. Johannes Mare,   c. 24 Sep 1708,   d. 1793, Paarl, Kaap, SA Find all individuals with events at this location  (Age ~ 84 years)
     2. Anna Elizabeth Mare,   b. 4 Jan 1710, Drakenstein, Kaap, SA Find all individuals with events at this location,   d. Sergautsrivier, Distrik Swellendam Find all individuals with events at this location
     3. Susanna Mare,   c. 8 Oct 1713,   d. Sergautsrivier, Distrik Swellendam Find all individuals with events at this location
     4. Lucas Marthinus Mare,   c. 12 Jul 1716,   d. Sergautsrivier, Distrik Swellendam Find all individuals with events at this location
     5. Francina Mare,   c. 27 Nov 1718,   d. Sergautsrivier, Distrik Swellendam Find all individuals with events at this location
     6. Maria Mare,   c. 5 Jul 1721,   d. Yes, date unknown
     7. Paulus Ignatius Mare,   b. 1724, Drakenstein, Kaap, SA Find all individuals with events at this location,   d. Sergautsrivier, Distrik Swellendam Find all individuals with events at this location
     8. Magdalena Fenesie Mare,   c. 15 Sep 1726,   d. Yes, date unknown
     9. Ignatius Mare,   b. 18 Jul 1729,   d. 1 Jan 1803, Kaap Find all individuals with events at this location  (Age 73 years)
    Last Modified 16 Aug 2011 
    Family ID F989728  Group Sheet  |  Family Chart

  • Notes 
    • Sien Familia 1984 No 4 vir wenke ivm Maré-navorsing deur Bleibaum.

      Ignace was die stamvader (a1) van die Maré en Maree families. Daar was verskeie wisselvorme van hierdie familienaam in die vroeë 1700s, as 'n voorbeeld kan mens sy eie handtekening neem, waar hy sy van glad Marre spel.

      Daar is heelwat meningsverskil rondom die herkoms van die stamvader. Hy was volgens onbevestigde bronne 'n tweede seun van ene Paul Maré. Hy word as 'n Hugenoot beskou deur party bronne (Cor Pama verwys na hom as 'n Franse vlugteling).

      In Pieter Coertzen se boek Die Hugenote van Suid-Afrika word hy wel aangegee, maar met die opmerking dat sommige navorsers twyfel of hy wel 'n Hugenoot was. Hy was vermoedelik afkomstig uit Calabrië in Italië (Pieter Coertzen noem ook Cambresis in Duitsland as 'n moontlikheid).

      Sy eerste opgaafrol in die Kaap dateer uit die jare 1704-1705, wat beteken dat hy in dié jare al aan die Kaap was - hy het dus nie in 1706 gearriveer soos wat verskeie bronne beweer nie. Met sy aankoms in die Kaap was hy reeds 'n wewenaar met twee dogters en 'n seun, maar die name van sy eerste vrou en een van die dogters ontbreek. Met sy troue op 7 Feb 1706 met Susanna van Vuuren verklaar hy dathy 'n wewenaar van Calabria in Italië is. Hy het heel moontlik 'n tyd lank in Italië gewoon, omdat hy later sy een dogter Magdalena Fenesië genoem het.

      In 1707 kry hy toestemming van die Goewerneur van der Stel om hom in Drakenstein te vestig.Volgens die opgaafrol van 1712 het hy toe 2 seuns en 2 dogters gehad.

      Hy het die volgende leningsplase gehad:

      * De groene Kloof
      * Langefontein
      * Elsjeskraal "aan de Tygerberg"

      Hy word die eienaar van Elsjieskraal op 14 Oktober 1714. Hierdie plaas verkoop hy in 1733 aan Theunis van Aardt. Ignace koop toe St. Omar in Daljosafat in 1723 van die boedel van Armand Veron.

      Sy kind uit sy eerste huwelik was:

      b1. Catharina x 29 October 1713 Gerrit van Vuuren

      Sy kinders by Susanna van Vuuren was:

      b2. Johannes ~ 24 Sep 1708 + Drakenstein 1761 x Sara Delport
      b3. Anna Elizabeth ~ 4 Jan 1711 x 21 Des 1727 Pieter Delport
      b4. Susanna ~ 8 Okt 1713 x 13 Jun 1713 Jacob Delport
      b5. Lucas Marthinus ~ 12 Jul 1716, burger Drakenstein, x 17 Sep 1741 Maria Jordaan
      b6. Francina ~ 27 Nov 1718 x Pieter du Plessis
      b7. Maria ~ 5 Jul 1721 x Nicolaas van Rensburg
      b8. Paulus Ignatius ~ 27 Aug 1724
      b9. Magdalena Fenesie ~ 15 Sep 1726 x Pieter de Wet
      b10. Ignatius ~ 14 Aug 1729, burger Drakenstein, x Margaretha Roux xx 16 Jul 1775 Claudina du Toit xxx 19 Feb 1786 Anna Dorothea Pretorius, weduwee van David du Buisson

      Bronne:

      1. Cor Pama: Die Groot Afrikaanse Familienaamboek
      2. De Villiers/Pama
      2. Heese/Lombard
      3. Stamouers Web
      4. Danie Viljoen se webblad

      Tweede Seun
      RIN


Home Page |  What's New |  Most Wanted |  Surnames |  Photos |  Histories |  Documents |  Cemeteries |  Places |  Dates |  Reports |  Sources